Ouderdomsgroep 0-5 Jaar
Ons werk op die SPEEL LEER WEN kurrikulum. Ons is tans die enigste skool wat hierdie kurrukulum gebruik in die Sedibeng Distrik. Na vele maande se soeke na ‘n kurrikulum het ons op hierdie kurrikulum besluit.
Hierdie kurrikulum is saamgestel deur ‘n span kundiges wat ook kurrikulums in Qatar ontwikkel het. SPEEL LEER WEN is gebasseer op die ELDAS soos voorgeskryf deur die Departement van Sosiale Ontwikkeling.
Ons vul hierdie kurrikulum aan met 2 weeklikse Bybel lesse om Christelike waardes te bevorder. Ons het ook ‘n addisionele Grootmotoriese program wat aangebied word deur ‘n Gekwalifiseerde Kinterkinetikus.
Ouderdomsgroep 5-7 Jaar
Ons volg die KABV-kurrikulum soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Hier is dit ook vir ons belangrik dat kinders kinesteties leer. Ons beperk dus die werkspapiere en fokus om begrippe op ‘n speel manier oor te dra.
Ons vul hierdie kurrikulum aan met 2 weeklikse Bybel lesse om Christelike waardes te bevorder. Ons het ook ‘n addisionele Grootmotoriese program wat aangebied word deur ‘n Gekwalifiseerde Kinderkinetikus.
Copyright 2025 © Ek Is Uniek | All Rights Reserved | Website Solutions by Mike's Mark.Com