
CHRISTELIKE KLEINKIND ONTWIKKELING SENTRUM
OOR ONS
Ek is Uniek, is ‘n Christelike Kleinkind Ontwikkeling Sentrum in Vanderbijlpark.
In die vroee ontwikkelings jare leer kinders deur speel, dus volg ons ‘n leer deur speel benadering. Ons konsentreer op vaardighede soos sensoriese, groot en fynmotoriese ontwikkeling. Ons wil nie net seker maak dat almal se vaardighede optimaal ontwikkel nie maar wil ook verseker dat elke kind emosioneel en sosiaal reg is om hul skool loopbaan aan te pak.
Ons bevorder groei deur ‘n liefdevolle, skoon, veilige en leer gereed omgewing vir kinders te bied. Ons het ruim klasse met min kinders, wat opvoeders die geleentheid gee om genoeg aandag aan elke kind te gee.
Ons wil ook graag ons ouers deel maak van die hele leer proses en bied dus ‘n kamera sisteem wat ouers op hul slimfone kan laai. Dit gee ouers toegang tot ons klaskamers en speelgrond die hele dag.
Ons Ontwikkeling Sentrum. Ons Familie. Ons Gemeenskap
Met ons klein groepies per personeel lid, ons oulike Kurrikulum en mamma wat haar kleinding kan sien op haar slimfoon wil ons graag ‘n verskil maak in elke kind se lewe.
Hoogtepunte
Christelike Opvoeding
Veilige, skoon, huislike omgewing
Kinderkinetika ingesluit in die fooi
Ouderdomme van 1 tot 6 jaar
Speel Leer Wen Kurrikulum
KAMERA SISTEEM
Wagwoord beskermde sisteem waarop ouers kan ingaan enige tyd van die dag
Op speelgrond en in klasse
*Daar is addisionele koste.
PERSOONLIKE EN PROFESSIONELE AANDAG
Klein opvoerder kind verhouding
1-2 Onderdomsgroep
Ons verhouding is 1 opvoeder vir elke 6 maats. Die voorgestelde verhouding is 1 tot elke 12 maats.
2-3 Ouderdomsgroep
Ons verhouding is 1 opvoeder vir elke 8 maats. Die voorgestelde verhouding is 1 tot elke 12 maats.
3-4 Ouderdomsgroep
Ons verhouding is 1 opvoeder vir elke 8 maats. Die voorgestelde verhouding is 1 tot elke 20 maats
5-6 Ouderdomsgroep
Ons verhouding is 1 tot elke 8 maats. Die voorgestelde verhouding is 1 tot elke 30 maats.
Copyright 2025 © Ek Is Uniek | All Rights Reserved | Website Solutions by Mike's Mark.Com